# Die Gautengse Gesondheidsdepartement verskerp pogings om seksueel oordraagbare infeksies te bekamp deur middel van siftingstoetse by mansklinieke, werkplekke, kampusse en manlike besnydenisplekke. LUR Nomantu Nkomo-Ralehoko het verwys na die stygende aantal gevalle van manlike uretritis-sindroom van 55-duisend-783 in 2020 tot meer as 80-duisend in 2024. Omvattende gemeenskapsuitreike, kondoomverspreiding en die 1,1-miljoen anti-retrovirale terapie-veldtog is daarop gemik om MIV- en seksueel oordraagbare siektes te verminder. Inwoners word aangemoedig om gereelde siftingstoetse te ondergaan en veilige seksuele praktyke te volg.
Gauteng Gesondheidsdepartement verskerp voorkomingsinisiatiewe vir seksueel-oordraagbare infeksies