Skip to content

Padwedlope: Eliud Kipchoge gaan sewe marathons op sewe vastelande hardloop

# Padwedlope: Die tweemalige Olimpiese marathonkampioen Eliud Kipchoge sê hy gaan oor die volgende twee jaar sewe marathons op sewe vastelande hardloop. Hy wil daarmee help om fondse in te samel vir die Eliud Kipchoge-stigting, wat opvoedkundige en omgewingsake wêreldwyd ondersteun. Die Keniaanse legende noem hierdie uitdaging die Kipchoge-wêreldtoer. Hy was gister 17de in die New Yorkse marathon. Kipchoge sê hy het niks meer om te bewys nie, behalwe om mense te inspireer om terug te gee.