# Tennis: Die Kanadees Felix Auger-Aliassime het sy kanse verbeter om die tweede keer die ATP-jaareindtoernooi in Turyn, Italië, te haal. Hy is agste in die Wedloop na Turyn na sy nederlaag teen die Italianer, Jannik Sinner, in die eindstryd van die Paryse Meesters. Auger-Aliassime is 160 punte voor die Italianer Lorenzo Musetti, wat negende is en hierdie week aan die Helleense Kampioenskap in Athene deelneem. Musetti moet die titel wen om Auger-Aliassime verby te steek en die eindtoernooi te haal.
Tennis: Auger-Aliassime en Musetti in stryd gewikkel vir plek in ATP-jaareindtoernooi