# Misdaadvoorkomingsoperasies in Temba en Hammanskraal by Tshwane het gelei tot die inhegtenisneming van 316 verdagtes vir verskeie oortredings. Die verdagtes is vasgetrek vir misdade wat insluit moord, poging tot moord, verkragting en gewapende roof. ‘n Polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê 18 ongedokumenteerde buitelandse burgers is tydens die operasies aangehou en aan immigrasie-owerhede oorhandig vir moontlike deportasie: