# Die DA in die Wes-Kaap het alle pogings verwerp om ras of identiteit vir politieke gewin uit te buit. Dit kom nadat twee voormalige DA-raadslede, Marchell Kleynhans en Brendon Adams, wat die party verlede week verlaat het om by die Patriotic Alliance aan te sluit, die DA daarvan beskuldig het dat hy Kleurlinge en Khois in die George-munisipaliteit opsy skuif. Die DA-leier in die Wes-Kaap, Tertuis Simmers, sê die party het nie ‘n koukus vir gekleurdes of enige vorm van rasseverdeling in sy strukture nie. Hy sê hul fokus bly op goeie regering.