# Die voorsitter van die Nasionale Finansiële Studentehulpskema, doktor Karen Stander, het met onmiddellike ingang bedank. Stander sê in haar bedankingsbrief aan die minister van hoër onderwys, Buti Manamela, die omgewing waarin die raad funksioneer, het toenemend toksies geraak met gereelde afknouery, intimidasie, rassisme en vyandigheid. Sy sê dié situasie het dit vir haar onmoontlik gemaak om haar pligte doeltreffend en met ‘n skoon gewete uit te voer. Stander sê haar bedanking is nie ‘n optrede van verset nie, maar een van gewete.
NSFAS-raad se voorsitter bedank oor beweerde toksiese werksomgewing vol rassisme en afknouery