# Israel se weermag sê hy het die liggame van nog drie persone ontvang wat volgens Hamas dié van gyselaars is wat in Gaza aangehou was. Volgens berigte is een van die liggame dié van Omer Neutra, wat dubbele burgerskap van Israel en Amerika het. Indien die uitkenproses bevestig die liggame is wel dié van gyselaars, beteken dit daar is nog agt liggame in Gaza. Israel beskuldig Hamas dat hy die oorskot te stadig terugstuur, terwyl die militante groep sê hy moet die liggame onder puin in die gebied uithaal.
Hamas oorhandig die oorskot van nog drie gyselaars aan Israel