Skip to content

Vrou aangekla in verband met juweeldiefstal in Louvre

# ‘n Agt-en-dertigjarige vrou is van medepligtigheid aan georganiseerde diefstal en kriminele sameswering aangekla in die Louvre juweeldiefstal in Parys. Sy is een van sewe mense wat in hegtenis geneem is vir die diefstal op 19 Oktober terwyl die wêreldberoemde museum vir besoekers oop was. Vier diewe het in agt minute nege items met ‘n beraamde waarde van 1,7-miljard-rand gesteel. Die diefstal het groot leemtes in die sekuriteitstelsel by die Louvre uitgewys. Die hoof van polisie in Parys, Patrice Faure, het aan politici gesê verouderde sekuriteitstelsels het swak plekke gelaat.