Skip to content

Nege dood in stormloop by tempel in Indië

# Nege mense is dood in ‘n stormloop by ‘n gewilde Hindoe-tempel in die suide van Indië. Volgens die owerhede is tientalle ander beseer tydens die voorval by die Swamy Venkateswara-tempel waar duisende mense vergader het om ‘n heilige dag op die Hindoe-kalender te gedenk. Die tempel kan slegs drie-duisend mense huisves, maar ‘n skare van nagenoeg 25-duisend was Saterdag teenwoordig. ‘n Aanvanklike ondersoek het bevind die ysterheining wat die skare by die tempel moes beheer, het gebreek toe mense probeer inkom het.