Skip to content

Krieket: Pakistan wen laaste T20 om reeks teen Proteas in te palm

# Krieket: Die Pakistanse boulers met Shaheen Shah Afridi op die voorpunt, het die sukkelende Suid-Afrikaanse kolwers weer eens oorrompel en hulle beperk tot 139 vir nege in die derde en laaste T20-wedstryd gisteraand in die Gaddafi-stadion in Lahore. Shaheen het 3 vir 26 gevat voordat Pakistan se sterkolwer Babar Azam 68 lopies van 47 balle geslaan het om die tuisspan tot ‘n oorwinning van vier paaltjies oor die Proteas te lei en die reeks 2-1 te wen. Suid-Afrika het die eerste wedstryd in Rawalpindi met 55 lopies gewen terwyl Pakistan die tweede, ook in Lahore, met 9 paaltjies gewen het.