# Krieket: Pakistan se snelboulers het Suid-Afrika se kolwers Vrydagaand in Lahore almal uitgeboul vir 110 nadat die gashere die loot gewen en die Proteas ingestuur het om te kolf. Pakistan het hulle teiken bereik met 41 balle oor en nege paaltjies in die bank. Die skitterende aanvangskolwer Saim Ayub spog met ʼn onoorwonne 71 van slegs 38 balle. Die oortuigende nege-paaltjie-oorwinning teen Suid-Afrika in die tweede T20 het die reeks gelykop gemaak. Die Proteas het Dinsdag die eerste wedstryd gewen en die reeks van drie wedstryde word vandag in Lahore beslis.
Krieket: Pakistan vermorsel Suid-Afrika en maak reeks gelykop