# Die familie van wyle Virginia Giuffre wat koning Charles se broer, Andrew, van seksuele misbruik beskuldig het, verwelkom die besluit om hom van alle koninklike titels te stroop. Hy staan nou slegs bekend as Andrew Mountbatten-Windsor, en moet sy koninklike verblyfplek ontruim en na Sandringham verhuis. Buckingham-paleis het ernstige oordeelsfoute aangehaal wat verband hou met die seksoortreder Jeffrey Epstein. Giuffre se broer, Sky Roberts, het aan BBC Newsnight gesê hierdie stap is wel geskiedkundig, maar hy eis ‘n volledige ondersoek:
Giuffre-familie verwelkom die besluit om Andrew van alle koninklike titels te stroop [KLANK]
ENG-RobertsOnAndrew