# Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê klimaats-uitwerking neem toe en tog hou aanpassings-finansiering nie tred hiermee nie en word die wêreld se kwesbaarstes onbeskermd gelaat. Volgens ‘n verslag van die VN se Omgewingsprogram sal aanpassings-finansiering in ontwikkelende lande teen 2035 tot 12 keer meer wees as die huidige openbare vloei daarvan. Guterres sê lewens kan beskerm word as die gaping gesluit, kllimaatregverdigheid gehandhaaf en ‘n veiliger en meer volhoubare wêreld gebou kan word.
VN waarsku stadige klimaataanpassing bedreig lewens en ekonomieë