Skip to content

VF+ sê sinkgate neem toe weens Tshwane se vervalle en verouderde waterinfrastruktuur

# Die Vryheidsfront Plus sê die toenemende aantal sinkgate in die Tshwane-metro is ‘n simptoom van vervalle en verouderde waterinfrastruktuur weens jare lange verwaarlosing. Alhoewel die metro sedert Junie vordering gemaak het met herstelwerk, is die huidige begroting steeds onvoldoende om die krisis daadwerklik te hanteer. Die party sê Centurion bly ’n hoë-risikogebied en die VF Plus het reeds versoek dat ’n plaaslike ramptoestand verklaar word. Volgens ’n raadsverslag is daar 63 sinkgate regoor die metro, met die jongste wat op 27 Oktober in Lyttleton ontstaan het.