Skip to content

Adjunkminister in die Presidensie sê SA se G20-presidentskap wil globale samewerkingsagenda bevorder

# Die adjunkminister in die Presidensie, Kenny Morolong, sê Suid-Afrika se G20-presidentskap gaan nie net oor globale sigbaarheid of aansien nie, maar om die agenda van wêreldwye samewerking in lyn te bring met gemeenskappe se prioriteite. Die G20-beraad vind in November in Johannesburg plaas. Morolong sê Suid-Afrika se G20-presidentskap het verskeie fokusareas, onder meer die hervorming van die digitale ekonomie. Hy sê die presidentskap is ʼn geleentheid om ʼn betekenisvolle bydrae te lewer tot die globale diskoers.