# Rugby: Japan se afrigter, Eddie Jones, sê sy span is gereed om alles te gee wanneer hulle Saterdag teen die Springbokke en viermalige wêreldkampioene in Londen te staan kom. Die Brave Blossoms se volgende toets gaan nog moeiliker wees as die een wat hulle verlede week naelskraap teen Australië verloor het. Jones sê Japan moet die krag van die Springbokke se voorry en balvernuf beveg. Die voormalige Engeland- en Wallabies-afrigter glo akkuraatheid en vinnige spel sal deurslaggewend wees, en belowe Japan sal sy beste gee.
Rugby: Japan gereed om Springbokke te pak
