Skip to content

Nederlandse verkiesing ‘n naelbytstryd tussen regse en sentristiese partye

# Die Nederlandse verkiesing is ‘n naelbytstryd met slegs ‘n paar duisend stemme tussen die verregse party van die vuurvreter Geert Wilders en ‘n pro-Europese sentristiese party. Met 99,7-persent van die stemme getel, is Wilders se anti-Islamitiese Vryheidsparty net effens voor die D66, onder leiding van die 38-jarige Rob Jetten. Al die groot partye het reeds aangedui hulle sal nie met Wilders saamwerk nie. Dit beteken Jetten kan die land se jongste en eerste openlik gay eerste minister word, selfs al kom hy tweede. Oorsese posstemme kan steeds die verkiesingsuitslag bepaal.