# Poolse MiG-29-vegvliegtuie het nog ‘n Russiese verkenningsvliegtuig oor die Baltiese See onderskep in die tweede voorval hierdie week. Die vliegtuig was sonder ‘n vlugplan in die internasionale lugruim met sy radio-sender afgeskakel. Dit is onderskep, geïdentifiseer en uit die gebied begelei. Lande aan NAVO se oostelike grens is sedert verlede maand op ‘n hoë gereedheidsgrondslag vir moontlike lugruim-invalle nadat drie Russiese militêre stralers Estland se lugruim geskend het. Dit was enkele dae nadat meer as 20 Russiese hommeltuie Pole se lugruim binnegedring het.
Poolse vegvliegtuie onderskep Russiese vliegtuie oor Baltiese See
