# Die Franse polisie het nog vyf verdagtes in hegtenis geneem in verband met die gewaagde rooftog in die Louvre-museum, insluitend die hoofverdagte wie se DNS op die toneel gevind is. Vier diewe het op 19 Oktober ‘n vragmotor met ‘n hysbak en snytoerusting gebruik om by ‘n galery op die eerste verdieping in te breek en met geskiedkundige juweliersware ter waarde van 1,7-miljard-rand gevlug. Twee ander verdagtes is Woensdag aangekla van diefstal en misdadige sameswering. Geen van die buit is nog gevind nie.
Nog vyf verdagtes word vasgetrek vir die waaghalsige Louvre-inbraak, maar geen juwele is nog teruggevind nie
