Skip to content

EFF kritiseer Raad vir Gesondheidsberoepe se optrede teen VN se spesiale rapporteur Tlaleng Mofokeng

# Die EFF sê die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika het toegelaat dat die Suid-Afrikaanse Sionistiese Federasie hulself as ‘n wapen laat gebruik om dokter Tlaleng Mofokeng te vervolg. Die raad het Mofokeng, die Verenigde Nasies se Spesiale Rapporteur oor die Reg op Gesondheid, skuldig bevind aan onprofessionele gedrag vir die gebruik van beledigende en onvanpaste taal op sosiale media. Die EFF sê Mofokeng het ‘n beginselvaste standpunt ingeneem teen die volksmoord wat deur Israel in Palestina gepleeg word. Dit voeg by dat haar plasing op sosiale media nie mediese etiek geskend het nie.