Skip to content

Rugby: Jan-Hendrik Wessels se skorsing na appèlverhoor met ’n week verkort

# Rugby: Die Springbok- en Bulle-stut, Jan-Hendrik Wessels, se appèl teen sy skorsing van nege weke het misluk, maar dis wel met een wedstryd verkort. Hy is gestraf nadat Connacht se flank, Josh Murphy, hom beskuldig het dat hy hom twee weke gelede betas het tydens ʼn Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd. ʼn VRK-appèlpaneel het bevind die tugpaneel het fouteer met die skorsing van nege weke en nie Wessels se gedrag in ag geneem nie. Hy sal die Springbokke se jaareindtoer en die Bulle se twee Kampioenebeker-wedstryde teen Bordeaux en Northampton misloop.