# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê dis hoog tyd dat kontrakteurs wat nie hul werk doen nie en ongestraf bly, aanspreeklik gehou word. Die minister het gister die Suid-Afrikaanse Konstruksie-aksieplan bekendgestel om onvoltooide bouprojekte af te handel en aanspreeklikheid in die Openbare Werke en Infrastruktuur-sektor te herstel. Die sespuntplan sluit in die digitale nasporing van alle bouprojekte en afbakeningsbegrotings om seker te maak kontrakteurs word betyds betaal. Macpherson sê hierdie plan sal lewering van projekte en bestuur verbeter.
Departement van Openbare Werke wil sukkelende bouprojekte en vervalle staatsgeboue laat herleef