# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het die beslaglegging op kokaïen ter waarde van ongeveer 20-miljoen-rand in Midrand, Gauteng, verwelkom. Die polisie het ‘n eiendom in Blue Hills deursoek waar hulle ongeveer 80 kilogram kokaïen in ‘n pakkamer ontdek het. ‘n Ses-en-vyftigjarige man, wat vermoedelik die eienaar van die eiendom is, is in hegtenis geneem. Die minister se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, sê die dwelmvonds is ‘n groot slag vir georganiseerde misdaadsindikate:
Waarnemende minister van Polisie Cachalia prys SAPD vir groot kokaïenvonds in Midrand [KLANK]
ENG KamogeloonCocaine