Skip to content

Twee wat aangekeer is in verband met Louvre-diefstal erken betrokkenheid

# Die Parys-aanklaer se kantoor sê die twee verdagtes wat gearresteer is in verband met die diefstal van kroonjuwele uit die Louvre se Apollo-galery, het erken dat hulle by die rooftog betrokke was. Agt kosbare skatte met ʼn geraamde waarde van 1,2-miljard-rand is twee weke gelede helderoordag uit die wêreld se gewildste museum gesteel deur vier diewe met kraggereedskap. Parys se aanklaer, Laure Beccuau, sê die juwele is nog nie teruggevind nie, en die bende wat betrokke was, is moontlik groter as die vier wat op kringtelevisie te sien is.