Skip to content

Gholf: St Andrews se ‘Ou Baan’ word verleng vir 2027 se Ope

# Gholf: Ses putjies van St Andrews se ‘Ou Baan’ word verleng vir 2027 se Ope, hoofsaaklik deur die afslaanbowwe te verskuif. Dit sal die algehele baanlengte tot ses-duisend-807-meter verleng. Ander veranderinge sluit in die verskuiwing van sandkuile op die tweede putjie en die byvoeging van sandkuile op drie ander putjies. Neil Coulson van die bestuursmaatskappy St Andrews Links Trust sê die werk sal eienskappe van die baan herstel wat oor die jare geleidelik verander het, en ander verder verfyn om die baan se unieke karakter te behou.