# AfriForum het onlangs in die Wes-Moot in Pretoria ʼn geleentheid aangebied waar byna 50 vrywilligers met die nodige kennis en vaardighede toegerus is om veldbrande te bestry en hul gemeenskappe in noodgevalle te ondersteun. Die opleiding het bestaan uit teoretiese en praktiese sessies waar vrywilligers hul nuwe vaardighede kon toets op meer as vyf hektaar beheerde brande. AfriForum sê die probleem met veldbrande is nie net dat dit die omgewing bedreig nie, maar ook die lewens en heenkome van gemeenskappe. Hy sê hierdie soort opleiding red lewens.
