Skip to content

Sokker: Banyana Banyana klop DRK en bespreek plek in 2026 WAFCON

# Sokker: Banyana Banyana het hulle plek in volgende jaar se Afrikabekertoernooi vir Vroue bespreek toe hulle die Demokratiese Republiek die Kongo in Soweto 1-0 geklop het in die tweede kragmeting van hulle kwalifiseerder. Verlede week se eerste kragmeting in Kinshasa het gelykop geëindig met een-elk. Thembi Kgatlana se doel in die tweede helfte het die oorwinning beklink en die span hul 15de deelname aan WAFCON verseker. As Suid-Afrika die halfeindronde haal, is hul weg oop na 2027 se Wêreldbekertoernooi in Brasilië.