Skip to content

Parlementslid Fadiel Adams maak aanklag van meineed aanhangig teen Mkhwanazi

# Die National Coloured Congress-parlementslid, Fadiel Adams, het ʼn klag van meineed ingedien teen KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Dit hou verband met Mkhwanazi se getuienis in die Parlement, waarin hy beweer het die gewese Polisieminister, Bheki Cele, het bankbesonderhede laat uitlek aan Vusimuzi ‘Cat’ Matlala, wat van poging tot moord beskuldig word. Hy het die bewerings later onttrek. Adams voer aan sulke verklarings kan openbare vertroue in die polisie-leierskap ondermyn. Adams ontken ook Mkhwanazi se beskuldiging dat hy inligting van Misdaadintelligensie roekeloos hanteer het. Hy sê hy is bekommerd oor Mkhwanazi se geloofwaardigheid.