# Rugby: Vyf lede van die Junior Springbokspan wat vroeër vanjaar die onder 20-wêreldkampioenskap gewen het, is ingesluit in die SA Rugby Onder-19 Akademie-groep van 30 spelers vir ‘n Europese toer van drie wedstryde. Die vyf is die Junior Bok-kaptein, Riley Norton, Oliver Reid, Phiwayinkosi “Rambo” Kubheka, Siphosethu Mnebelele en Vusi Moyo. Die groep speel op 3 November teen ‘n Franse Onder-19-uitnodigingspan, gevolg deur die Franse Onder-19’s op 8 November. Die toer sluit af met ‘n kragmeting met Ierland se Onder-19-span op 14 November.
Rugby: Vyf Junior Springbokke ingesluit in SA Onder-19 Akademie se groep vir Europese toer
