# Die George-munisipaliteit in die Wes-Kaap sê hy wil sterk vennootskappe met plaaslike rolspelers handhaaf en seker maak sakebedrywighede word nie ontwrig tydens die George-fees in Desember nie. Burgemeester Jackie von Brandis en munisipale bestuurder Godfrey Louw, asook die Wes-Kaapse LUR vir Kultuursake en Sport, Ricardo Mackenzie, het met plaaslike sake-eienaars vergader wie se ondernemings in Unity Park geleë is. Die munisipaliteit se woordvoerder, Chantel Edwards-Klose, sê die besprekings het gehandel oor logistiek en padsluitings tydens die fees:
George-munisipaliteit vergader met plaaslike sakeondernemings in aanloop tot George-fees [KLANK]
AFR ChantelonFestival