# Die Amerikaanse president Donald Trump en die nuutverkose Japanse premier Sanae Takaichi het ‘n ooreenkoms onderteken vir die verskaffing van kritieke minerale en seldsame aardmetale. Trump is op die tweede fase van sy Asië-toer. Die doel van die ooreenkoms is om beide lande te help om veerkragtigheid en sekerheid oor kritieke minerale en seldsame aardmetale-voorsieningskettings te bereik. Amerika het dringend stappe gedoen om die voorsiening van kritieke minerale te diversifiseer om sy afhanklikheid van China te verminder, wat bykans ‘n monopolie op die verwerking van kritieke minerale het.
Amerika en Japan sluit ooreenkoms oor minerale en seldsame aardmetale