Skip to content

Adjunkminister van Polisie Cassel Mathale verskyn voor parlementêre ad hoc-komitee

# Die adjunkminister van Polisie, Cassel Mathale, is die sesde getuie wat vandag en môre voor die parlementêre ad hoc-komitee verskyn. Die komitee ondersoek die waarheid agter bewerings van misdaadinsypeling en politieke inmengery in die strafregstelsel. Mathale het in 2019 adjunkminister geword en saam met Polisieminister Senzo Mchunu en oudminister Bheki Cele gewerk wat albei voor die komitee verskyn het. Mathale sal na verwagting onder andere lig werp op die werking en ontbinding van die politieke taakspan.