# Die adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, sê die stryd teen korrupsie en die beskerming van fluitjieblasers is ʼn belangrike hoeksteen van die staat se hernuwing. Hy het gister Public Interest South Africa se jaarlikse Fluitjieblaser-beraad in Johannesburg toegespreek. Nel sê korrupsie het die staat se morele gesag verswak en openbare vertroue in die instellings wat hulle moet dien, vernietig. Hy sê wanneer fluitjieblasers stilgemaak of onbeskermd gelaat word, kom landsburgers tot die gevolgtrekking dat die waarheid self in gevaar is:
Adjunkminister van Justisie sê korrupsie het staat se morele gesag verswak [KLANK]
ENG NelOnWhistleblowers