# Atletiek: Atletiek Suid-Afrika se president, James Moloi, het ʼn skorsing-kennisgewing ontvang. Dit volg na ʼn verslag van die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee oor Moloi se gebruik van sy ASA-kredietkaart, veral wat ʼn klomp twyfelagtige kostes soos uitgawes by kroeë betref. Moloi het tot Vrydag tyd om redes te verskaf waarom hy nie geskors moet word nie. Atletiek Suid-Afrika sê ʼn tugkomitee sal bepaal of daar opgetree moet word teen enige ander beampte, insluitend die waarnemende hoof en finansiële bestuurder.
Atletiek: Atletiek Suid-Afrika se president James Moloi kan moontlik geskors word