# Rugby: Japan se afrigter, Eddie Jones, glo dis nie onmoontlik om die Springbokke Saterdag te klop nie. Die Japannese het die afgelope naweek sake moeilik gemaak vir die Wallabies in Tokio. Australië het met 19-15 gewen na ‘n rustyd-voorsprong van 14-3. Jones het verwys na Japan se legendariese oorwinning oor Suid-Afrika in Brighton, Engeland, tydens die 2015 Wêreldbekertoernooi. Hy sê die Bokke maak foute wanneer hulle onder druk is. Afrigter Rassie Erasmus gaan na verwagting vanmiddag sy span aanwys vir die wedstryd op die Wembley-stadion in Londen.
Rugby: Jones glo dis nie onmoontlik vir Japan om die Bokke weer te klop nie
