# Die GOOD-party het ‘n klagte van bedrog teen twee Wes-Kaapse LUR’e ingedien, omdat hulle na bewering verlede jaar willens en wetens ‘n bedrieglike provinsiale begroting ter tafel gelê het. Die klagte teen die LUR vir Gesondheid en Welstand, Mireille Wenger, en die LUR vir Onderwys, David Maynier, is by die Kaapstad Sentraal-polisiestasie ingedien. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê twee-duisend-400 onderwysposte is in 2024 se begroting met 3,8-miljard-rand onderbefonds, al was albei LUR’e bewus van die tekort:
GOOD-party dien klagte van bedrog in teen Wes-Kaapse LUR’e oor beweerde vals begroting [KLANK]
ENG HerronOnFakeBudget
