Skip to content

COPE veroordeel Gauteng-premier nadat Openbare Beskermer misbruik van fondse uitwys

# COPE vra vir die onmiddellike verwydering van die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, na ‘n verslag deur die Openbare Beskermer wat 450-miljoen-rand se onwettige besteding aan ses-duisend misdaadvoorkomingsbewaarders, bekend as AmaPanyaza, uitgewys het. Eric Mohlapamaswi van die party sê die program, wat luukse voertuie, vervoer en uniforms insluit, het nie wettige goedgekeur nie. Hy sê COPE eis aanspreeklikheid, behoorlike herontplooiing van die betrokke bewaarders en ‘n forensiese oudit om misbruikte openbare fondse te herwin.