# Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, sê die metro wil ʼn regverdige en inklusiewe ekonomie bou waar informele handelaars met waardigheid en bestendigheid kan handel dryf. Die metro het onlangs slim handelspermitte bekendgestel aan informele handelaars in die middestad. Elke kaart is verbind met die handelaar se unieke profiel en handelsnommer wat gemagtigde amptenare toelaat om die handelaar se inligting ter plaatse te kontroleer. Morero sê hulle ondermyn nie klein sakeondernemings nie, maar reguleer en verseker orde en dissipline in die informele handelsektor.