# Mpumalanga se LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling, Jackie Macie, het kommer uitgespreek oor die aantal padsterftes in die provinsie. Dit volg nadat tien mense die naweek in twee afsonderlike ongelukke dood is. Die departement se woordvoerder, Moeti Mmusi, sê vier mense is Saterdag op die N12 dood. Gister het ses mense gesterf toe ʼn voertuig en ʼn minibustaxi op die R-540 naby Dullstroom gebots het:
Tien mense sterf die naweek in twee afsonderlike padongelukke in Mpumalanga [KLANK]
ENG MoetionFatalities