Skip to content

Motorsport: Norris loop voor in bestuurderskampioenskap na sege in Mexiko [KLANK]

# Motorsport: McLaren-renjaer Lando Norris het uit sy voorste wegspringplek ʼn besliste oorwinning behaal by die Mexiko-stad Grand Prix, en loop nou voor in die bestuurderskampioenskap. Die Brit het 30 sekondes voor Charles Leclerc van Ferrari oor die wenstreep gejaag met Max Verstappen van Red Bull in die derde plek. Haas-renjaer Ollie Bearman het die eerste vierde plek van sy loopbaan behaal en Oscar Piastri van McLaren was vyfde. Norris, wat een punt voor sy spanmaat Piastri is, sê met vier wedrenne oor, fokus hy op sy eie prestasie:

ENG NorrisOnMomentum