Die Johannesburgse Metropolisie het ‘n padsluitingswaarskuwing uitgereik voor môre se Virgin Active 94.7 Ride Johannesburg-fietswedren. Die geleentheid sluit ‘n 97 kilometer lange padwedren en ‘n 35 kilometer lange kort roete in. JMPD-woordvoerder Xolani Fihla sê beamptes sal ontplooi word om veiligheid te verseker en verkeer van 4 vm tot 5 nm in die betrokke gebiede, insluitend Soweto, Randburg, Fourways en Nasrec, reguleer. Hy doen ‘n beroep op motoriste om hul roetes te beplan en geduldig te wees: