Skip to content

Japannese polisie arresteer ‘n man met ‘n mes naby die VSA ambassade dae voor Trump se besoek

# Japannese polisie het gister ‘n man met ‘n mens voor die Amerikaanse ambassade in Tokio in hegtenis geneem. Die 30-jarige is gearresteer nadat hy ‘n kombuismes na anti-oproer-polisiebeamptes gewys het. Die motief vir die man se optrede is nog nie bekend nie. Die voorval kom dae voor die Amerikaanse president Donald Trump se beplande besoek aan Japan van 27 tot 29 Oktober, waartydens hy keiser Naruhito en die nuutverkose eerste minister Sanae Takaichi sal ontmoet. Die polisie het tot 18-duisend polisielede gemobiliseer om sekuriteit tydens die besoek te versterk.