Skip to content

Sokker: Slot nie bekommerd oor Salah se gebrek aan doele nie

# Sokker: Liverpool se afrigter, Arne Slot is geensins bekommerd oor Mohamed Salahs se gebrek aan doele nie nadat hy in ses wedstryde nie ‘n enkele een kon aanteken nie. Die Egiptiese internasionale speler het sedert die openingsnaweek van die seisoen nog nie ‘n Premierliga-doel uit oop spel aangeteken nie. Hy is Woensdag uit die beginspan gelaat toe Liverpool Eintracht Frankfurt in die Kampioeneliga 5-1 geklop het, en is vervang laat in Liverpool se nederlaag van 2-1 teen Manchester United verlede week op Anfield. Hulle speel vandag teen Brentford.