Skip to content

Krieket: Australië wen tweede eendagwedstyd om reeks teen Indië te beklink

# Krieket: Danksy ’n bestendige 74 lopies deur Matt Short en ’n eerste 50-tal deur Cooper Connolly het Australië Indië met twee paaltjies in die tweede eendagwedstryd geklop. Die Australiërs het daarmee die eendagreeks van drie wedstryde beklink met nog een wedstryd oor. Indië het 264 vir 9 op ‘n volgepakte Adelaide Oval aangeteken met Rohit Sharma wat ‘n sprankelende 73 gemoker het. Die gashere het egter hul teiken bereik met nog 22 balle oor. Australië het die openingswedstryd in Perth te midde van swaar reën met sewe paaltjies gewen, met Saterdag se wedstryd in Sydney ‘n blote formaliteit.