# Sokker: Banyana Banyana en die Demokratiese Republiek die Kongo het gelykop gespeel in hulle eerste Afrikabeker-kwalifiseerder in Kinshasa. Kgalebane Mohlakoana het Suid-Afrika ʼn voorsprong gegee, maar Ruth Kipoyi Monique het die telling net voor rustyd gelykop gemaak. Nie een span kon in die tweede helfte met ʼn doel slaag nie. Hoewel die uitslag gelykop was, spog Banyana Banyana met die belangrike weg-doel. Die tweede wedstryd vind Dinsdag in Johannesburg plaas.
Sokker: Banyana Banyana en DRK gelykop in Wafcon-kwalifiseerder