# Rugby: Die skrumskakels Nolann le Garrec, Maxime Lucu en Baptiste Jauneau sal meeding om die Franse kaptein, Antoine Dupont, te vervang vir volgende maand se toetse. Die superster sal tot Desember op die kantlyn wees met ‘n kniebesering wat hy in Maart opgedoen het en die toetse teen Suid-Afrika, Fidji en Australië misloop. Le Garrec het Frankryk in Julie in drie toetse teen Nieu-Seeland verteenwoordig, Jauneau het twee toetse op sy kerfstok en Lucu sal na verwagting hierdie maand terugkeer na sy klub, Bordeaux-Bègles, na ‘n handbesering.
Rugby: Drie kandidate ding mee om Dupont te vervang in Frankryk se toetse in November