# Die president van Oekraïene, Volodymyr Zelensky steun die Amerikaanse president Donald Trump se voorstel om die huidige gevegsfront as vertrekpunt te gebruik vir onderhandelinge met Rusland, maar twyfel of die Russiese president, Vladimir Putin, dit sal aanvaar. Pogings om ‘n einde te bring aan Rusland se inval in Oekraïne, wat in 2022 begin het, lyk of dit weer tot ‘n stilstand gekom het. Trump het vroeër gesê hy het planne vir ‘n spitsberaad met Putin in Boedapest in die komende weke op die langebaan geskuif omdat hy nie ‘n “verkwiste” vergadering wou hê nie.
Zelensky steun Trump se voorstel om die huidige gevegsfront as basis vir onderhandelings te gebruik