# Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling sê hy is geraak deur ‘n wêreldwye Windows 11-stelselfout na ‘n onlangse Microsoft-opdatering. Die departement sê dit is ‘n wydverspreide probleem wat talle organisasies wêreldwyd beïnvloed en gelei het tot stelselfoute en operasionele ontwrigtings in verskeie omgewings. Woordvoerder Samuel Modipane sê hoewel die saak buite die verantwoordelikheid van die departement val, werk hulle nou saam met Microsoft se ingenieurs om die betrokke toestelle en dienste dringend te herstel: