Skip to content

Europese leiers wil druk op Rusland verhoog

# Elf Europese leiers sê hulle ondersteun president Donald Trump se standpunt dat gevegte in Oekraïne onmiddellik moet eindig, en sê die huidige kontaklyn moet die beginpunt van onderhandelinge wees. Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het herhaaldelik die idee verwerp om groot gebiede in die oostelike streke van Donetsk en Luhansk prys te gee, as deel van ‘n ooreenkoms met Moskou. Die Europese leiers sê hulle sal die druk op Rusland se ekonomie en sy verdedigingsbedryf verhoog totdat president Vladimir Putin gereed is om vrede te maak.