# Rugby: Ierland se skrumafrigter, John Fogarty, sê hulle is nie bekommerd oor die span se spelpeil voor volgende naweek se toets teen die All Blacks in Chicago, Amerika, nie. Ierland het tydens die Sesnasies laas ‘n toets gespeel, hoewel die meeste van hul spelers betrokke was by die Britse en Ierse Leeus se toer na Australië. Die All Blacks het pas ‘n mededingende Rugbykampioenskap afgesluit teen die wenner, Suid-Afrika, Australië en Argentinië. Fogarty sê ‘n toets teen die Kiwi’s is die perfekte uitdaging om die fokus te verskerp.
Rugby: Ierland se skrumafrigter nie bekommerd oor sy span se spelpeil voor All Blacks-kragmeting